Go and Proclaim Ministries South Africa
Home | About us | All Events | Prayer Initiatives | Community Work | Sitemap | Sitemap: Afrikaans | Contact us

Gebedsriglyne vir die Boesmans (San) in Suider Afrika

Daar is twee oorblywende San gemeenskappe in Suid Afrika. Die een gemeenskap bevind hulle in Platfontein ongeveer 20 km buitekant Kimberley. Die ander San gemeenskap word aangetref in die gebied ten ooste van die Kalahari Gemsbokpark. Verder is daar 'n paar San gemeenskappe in Namibie en Botswana. Volg die skakel onderaan die bladsy vir meer gedetaileerde inligting oor waar die San hulle bevind in Suider-Afrika.  Behoeftes gaan verskil van gemeenskap tot gemeenskap so hierdie is algemene gebedsriglyne.

Gebedsriglyne vir geestelike behoeftes.

Bid dat:

Gebedsriglyne vir die Boesmans se fisiese behoeftes.  

Bid dat:

Die Boesman se Onse Vader

Onse Vader wat doer êrens vêr bo in die bloulug is, diese warm dag wil ikke op myse kniege tot U kom bid: Lat U se koningskap tog by ons kom, en lat U se grootheid hier tissen ons staan gemaak kan worre, en lat U se wil gebeure doer bo by U rond, net so gebeure hier by ons Boesm’land se grond. Gee ons vandag onse jai-impie kos en vergewe ons, onse sondige gemors, sos ons die ander minse sin vergeef. Here lat die kwaad doen goerterse wye draaie om ons loop en gee tog samblief Here lat die duwel nie naby kom nie. Die minse doen sulke lelike goerters teen my, maar help to samblief dat ik dit nie sal raak sien nie, dan sal U mos ok nie myne raak sien nie. U is vir altyd en vir altyd. Amene my groot KROON. (Geskryf deur : PJ van den Heever, Bonnievale)



"Dit voel of sinkretisme besig is om die oorhand te kry in Tsumkwe. N!aici vertel van ‘n kind wat op Aasvoëlnes oorlede is, kort nadat hy sy suster se baba begrawe het. Volgende wat hy hoor, is dat hy die kind getoor het om te sterf. Op die ou end laat kom hy die polisie om te verduidelik waaraan die kind oorlede is. Gerrie het weer mense tereggewys ivm die grawe van duiwelsklou en kort nadat hy weg is, loop twee leeus verby hulle kamp. Toe is dit Gerrie wat die leeus gestuur het. Ongelukkig speel die ZCC ‘n baie groot rol in die sinkretistiese geloofsbelewing van baie mense. ....  Ons kan nie genoeg bid vir die manne in die veld nie. Hulle wat die Lig en Waarheid moet verkondig onder soveel bygelowige teenstand dwarsdeur die hele bedieningsarea van DEGNOS." - Uittreksel uit 'n nuusbrief van DEGNOS Okt 2019
Vir meer inligting oor die Boesmans besoek die volgende bladsy hier